SM_G4 fb cover 851x315px copy 3

HIER SAL EK BOER

In 2021 stig die Helpende Hand Studietrust die Hier sal ek Boer Studiefonds met een groot doel:

Die bevordering en vooruitgang van die landboubedryf. Hierdie fonds fokus spesifiek daarop om studente wat in enige landbourigting by ‘n geakkrediteerde instelling in Suid-Afrika wil gaan studeer, te ondersteun.

Nie net dit nie, maar die fonds fokus spesifiek daarop om studente wat uit ‘n landbou-agtergrond kom te help. Studente wat al geraak is deur droogtes, vloede, peste & plae, plaasaanvalle of plaasmoorde. Die fonds se doel is om seker te maak dat studiekostes nie nóg 'n uitdaging vir die landbougemeenskap is nie.

Die landboustudente van vandag is die boere en landboukundiges van môre. Om in Suid-Afrika te boer is die voorsiening van môre se bord kos, die onderhoud van die natuur, die volharding deur moeilike tye en die strewe daarna om vir die volgende geslag te voorsien.

Die Hier sal ek Boer Studiefonds is meer as net 'n finansiële hulpbron vir studente. Dit is 'n simbool van hoop en uithouvermoë. Dit is 'n uitnodiging aan almal om deel te wees van 'n inisiatief wat nie nét die lewens van individuele studente verander nie, maar ook help om die toekoms van die landboubedryf in Suid-Afrika vorm.

Die Hier sal ek Boer Studiefonds fokus spesifiek op die volgende tipes studente:

  • Behoeftige studente wat uit ‘n landbou-agtergrond kom, en al deur droogtes, vloede, peste & plae, plaasaanvalle of plaasmoorde aangeraak is en in enige landbourigting by ʼn geakkrediteerde tersiêre instelling in Suid-Afrika wil studeer.
  • Behoeftige studente wat uit ‘n landbou-agtergrond kom wat graag in enige landbou- of natuurbewarings-rigting by ʼn geakkrediteerde tersiêre instelling in Suid-Afrika wil studeer.
  • Behoeftige studente wat uit ‘n landbou-agtergrond kom, wat enige kursus in die wildbedryf by ʼn geakkrediteerde tersiêre instelling in Suid-Afrika wil studeer.

Offisieel gestig in 2021

2 studente sedert 2022 ondersteun

R170 600 is sedert 2022 uitbetaal

Samevatting van die hart van hierdie fonds:

youtube-video-thumbnail

Studiekostes is hoog, en sonder die hulp van donateure kan hierdie inisiatief nie suksesvol wees nie. Dié fonds streef daarna om nog fondse te werf om sodoende nog studente te kan ondersteun en roep die gemeenskap op om hande te vat en hierdie doelwitte te behaal.

Hoe kan jy 'n bydrae maak?

Die Helpende Hand Studietrust
Bank: FNB
Rek No: 62331447541
Takkode: 261550
Verwysing: HierSalEkBoer
Swift Kode: FIRNZAJJ

Maak ‘n verskil met jou donasie en ontvang ‘n artikel 18A-belastingsertifikaat vir belastingvoordele.

sm-g9-vertucal-fb-feed-1350-x-1080px-copy-8-002-320x355

Ek het 'n boer sien dans

"Ek het 'n boer sien dans in die Karoo met sy hoed in die hand - dakloos in die water van bo, Ek het 'n boer sien dans in die Karoo...

sm-g6-e-kaart-insta-1080x1080px-copy-5-002-640x640

Belê in jong boere se toekoms

Om in Suid-Afrika te boer, is om 'n nalatenskap te skep te midde van uitdagings soos plaasmoorde, droogtes, brande, stropery...

Scroll to Top