#8578 HSEKB-01

HIER SAL EK BOER

In 2021 stig die Helpende Hand Studietrust die Hier Sal Ek Boer Studiefonds met een groot doel voor oë: Die bevordering en ontwikkeling van die landboubedryf. Hierdie fonds fokus spesifiek daarop om studente te ondersteun wat enige landbourigting aan 'n geakkrediteerde instelling in Suid-Afrika wil studeer.

Die fonds fokus verder daarop om studente uit 'n landbou-agtergrond te ondersteun. Dit sluit studente in wat reeds die uitdagings van droogtes, vloede, peste en plae, plaasaanvalle of plaasmoorde beleef het. Die doel van die fonds is om te verseker dat studiekoste nie nóg 'n struikelblok vir die landbougemeenskap word nie.

Die landboustudente van vandag is die boere en landboukundiges van môre. Om in Suid-Afrika te boer, beteken om vir die dag van môre kos te voorsien, die natuur te bewaar, deur moeilike tye te volhard en vir die volgende geslag te bou.

Die Hier Sal Ek Boer Studiefonds is meer as net 'n bron van finansiële ondersteuning vir studente. Dit is 'n simbool van hoop, deursettingsvermoë en toekomsbou. Dit is 'n uitnodiging aan almal om deel te wees van 'n inisiatief wat nie nét die lewens van individuele studente verander nie, maar ook help om die toekoms van die landboubedryf in Suid-Afrika te vorm. Landbou is ons erfenis; daarom moet ons die boere van môre bemagtig.

Die Hier sal ek Boer Studiefonds fokus spesifiek op die volgende kategorieë studente:

  • Behoeftige studente uit 'n landbou-agtergrond wat in enige landbourigting aan 'n geakkrediteerde tersiêre instelling in Suid-Afrika wil studeer
  • Behoeftige studente uit 'n landbou-agtergrond wat in enige natuurbewaringsrigting aan 'n geakkrediteerde tersiêre instelling in Suid-Afrika wil studeer
  • Behoeftige studente uit 'n landbou-agtergrond wat enige kursus binne die wildbedryf aan 'n geakkrediteerde tersiêre instelling in Suid-Afrika wil studeer

Amptelik gestig in 2021

3 studente sedert 2022 ondersteun

R330 000 sedert 2022 uitbetaal

Samevatting van die hart van hierdie fonds:

youtube-video-thumbnail

Studiekostes is hoog, en sonder die hulp van donateurs kan hierdie inisiatief nie suksesvol wees nie. Dié fonds streef daarna om verdere fondse te werf om nog studente te kan ondersteun en doen 'n beroep op die gemeenskap om hande te vat om hierdie doelwitte te bereik.

Hoe kan jy 'n bydrae maak?

Die Helpende Hand Studietrust
Bank: FNB
Rek No: 62331447541
Takkode: 261550
Verwysing: HierSalEkBoer
Swift Kode: FIRNZAJJ

Maak ‘n verskil met jou donasie en ontvang ‘n artikel 18A-belastingsertifikaat vir belastingvoordele.

Lees gerus die volgende artikels vir meer inligting oor die Hier Sal Ek Boer Studiefonds en die impak daarvan.

hseb-grafika-320x208

Hier sal ek boer ...

Wanneer die Solidariteit Helpende Hand Studietrust fondse skep vir verskillendde studierigtings, is dit altyd belangrik...

sm-g9-vertucal-fb-feed-1350-x-1080px-copy-8-002-320x355

Ek het 'n boer sien dans

"Ek het 'n boer sien dans in die Karoo met sy hoed in die hand - dakloos in die water van bo, Ek het 'n boer sien dans in die Karoo...

sm-g6-e-kaart-insta-1080x1080px-copy-5-002-640x640

Belê in jongboere se toekoms

Om in Suid-Afrika te boer, is om 'n nalatenskap te skep te midde van uitdagings soos plaasmoorde, droogtes, brande, stropery...

Scroll to Top