Row midpoint Shape Decorative svg added to bottom

MEER OOR ONS

Die Mynwerkersunie het gedurende die 1960's besluit om 'n studiefonds te stig, juis omdat so min Afrikaanse studente dit destyds kon bekostig om te studeer. Dit het aanleiding gegee tot twee belangrike inisiatiewe: eerstens om fondse te werf vir die opbou van die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (RAU), en tweedens om 'n volhoubare studiefonds op die been te bring. Gebore uit hierdie kultuur om mekaar te help, het Solidariteit Helpende Hand se Studietrust oor die afgelope 17 jaar reeds die somtotaal van R450 miljoen bestee om 7 000 behoeftige studente met rentevrye studielenings te ondersteun.

Die Studietrust is ‘n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand, wat in 2008 as ‘n platform vir donateurs gestig is om behoeftige Afrikaanse studente te help om te studeer deur middel van rentevrye studielenings. Die model van rentevrye studielenings verskaf ‘n volhoubare volsirkelbenadering tot kontinuïteit wat die volgende student, of nog meer studente die geleentheid bied om met ‘n rentevrye studielening te studeer.

2009

Eerste studielening aan 118 studente toegeken (R815 600)

2010

R1 miljoen-kerf oorgesteek

2012

Eerste Gemeenskapstudiefonds gestig Eerste studiefonds van Akademia gestig

2014

17 Gemeenskapstudiefondse in totaal

2015

R15 miljoen-kerf oorgesteek

2016

Meer as 1000 studente gehelp

2017

Plaasmoord-Studiefonds word gestig

2018

R30 miljoen-kerf oorgesteek

2019

Droogtehulp-Studiefonds en Projek 40 word gestig

2021

Liefde-in-Gestremdheid-Studiefonds gestig

2022

R40 miljoen-kerf oorgesteek

2024

R50 miljoen studielenings uitbetaal

ONS VISIE

Helpende Hand Studietrust wil gemeenskapsontwikkeling en maatskaplike welsyn bevorder deur opleiding, opvoeding en onderrig.  Om Studente die geleentheid te gee om verder te gaan studeer.

Die hart van die Studietrust word weerspieël in die kragtige simboliek van "SEWE GENERASIES VAN HOOP GEGROND IN STUDIE".

ONS MISSIE

Ons Droom vir die studietrust is dat elkeen wat wil studeer dit moet kan doen.  Ons wil verdienstelike studente met studiehulp help om hulle volle potensiaal te verwesenlik.

Ons wil jongmense nie net vir hul beroepe op lei nie, maar hulle ook met kennis toerus sodat hulle hul roeping kan uitleef.  Sodat hulle nie net 'n werk kry nie, maar eerder 'n suksesvolle loopbaan kan hê.

ONS VISIE

Helpende Hand Studietrust wil gemeenskapsontwikkeling en maatskaplike welsyn bevorder deur opleiding, opvoeding en onderrig.  Om Studente die geleentheid te gee om verder te gaan studeer.

Die hart van die Studietrust word weerspieël in die kragtige simboliek van "SEWE GENERASIES VAN HOOP GEGROND IN STUDIE".

ONS MISSIE

Ons Droom vir die studietrust is dat elkeen wat wil studeer dit moet kan doen.  Ons wil verdienstelike studente met studiehulp help om hulle volle potensiaal te verwesenlik.

Ons wil jongmense nie net vir hul beroepe op lei nie, maar hulle ook met kennis toerus sodat hulle hul roeping kan uitleef.  Sodat hulle nie net 'n werk kry nie, maar eerder 'n suksesvolle loopbaan kan hê.

JAAR
R miljoen
studente

Die Studietrust is ʼn inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en is in 2009 gestig as platform vir donateurs om behoeftige Afrikaanse studente te help om deur middel van rentevrye studielenings te studeer. Die rentevryestudieleningmodel verskaf ʼn volhoubare sirkelbenadering tot kontinuïteit wat die volgende student of studente die geleentheid bied om met ʼn rentevrye studielening te studeer.

Nadat die kursus voltooi is, moet die rentevrye studielening terugbetaal word oor dieselfde aantal jare as wat die studie geduur het.

Solidariteit Helpende Hand is ʼn geregistreerde openbare weldaadorganisasie (OWO), wat beteken dat ʼn donasie aan die Studietrust belastingvoordele inhou vir die donateur. ʼn Donasie aan die Studietrust kan u belasbare inkomste met tot 10% verminder.

Benewens die belastingvoordeel wat u ontvang, verrig u ook ʼn weldaad deur ʼn behoeftige Afrikaanse student se studiedroom te verwesenlik.

Donasies wat aan die Helpende Hand Studietrust gemaak word, is van belasbare inkomste aftrekbaar.

ONTMOET ONS SPAN

Yolandi Theron

YOLANDI THERON

Riaan Bräsler

RIAAN BRÄSLER

Mari-Lize Husselmann

MARI-LIZE HUSSELMANN

Twanette Bronkhorst

TWANETTE BRONKHORST

Ansonelle Lottering

ANSONELLE LOTTERING

Marochelle Wentzel

MAROCHELLE WENTZEL

Chrystelle Meyer

CHRYSTELLE MEYER

Le-Zanrè Bronkhorst

Le-Zanrè Bronkhorst

Karlynka Stafford 1

Karlynka Stafford

Deané Jacobs

Deané Jacobs

Tanja Kitching 1

Tanja Kitching

Jacky Farham

Jacky Farham

Scroll to Top