MEER OOR ONS
Die Mynwerkersunie het gedurende die 1960's besluit om 'n studiefonds te stig.
Die rede: so min Afrikaanse studente kon deestyds bekostig om te studeer. Dit het gelei tot twee belangrike inisiatiewe.
Die eerste projek was om fondse te werf vir die bou van die deestydse Randse Afrikaanse Universiteit. Die tweede projek het ten doel gehad om 'n volhoubare studiefonds te stig.
Gebore uit ʼn kultuur om mekaar te help, het Solidariteit Helpende Hand se Studietrust oor die afgelope 14 jaar reeds meer as 12 000 studielenings ter waarde van altesaam R272 miljoen aan 6 388 behoeftige studente toegeken.

ONS VISIE
Ons Droom vir die studietrust is dat elkeen wat wil studeer dit moet kan doen. Ons wil verdienstelike studente met studiehulp help om hulle volle potensiaal te verwesenlik.
Ons wil jongmense nie net vir hul beroepe op lei nie, maar hulle ook met kennis toerus sodat hulle hul roeping kan uitleef. Sodat hulle nie net 'n werk kry nie, maar eerder 'n suksesvolle loopbaan kan hê.
ONS MISSIE
Helpende Hand Studietrust wil gemeenskapsontwikkeling en maatskaplike welsyn bevorder deur opleiding, opvoeding en onderrig. Om Studente die geleentheid te gee om verder te gaan studeer.
Die hart van die Studietrust word weerspieël in die kragtige simboliek van "SEWE GENERASIES VAN HOOP GEGROND IN STUDIE".
15 jaar
12 000 studielenings
R272 miljoen
6 388 studente
Die Studietrust is ʼn inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en is in 2009 gestig as platform vir donateurs om behoeftige Afrikaanse studente te help om deur middel van rentevrye studielenings te studeer. Die rentevryestudieleningmodel verskaf ʼn volhoubare sirkelbenadering tot kontinuïteit wat die volgende student of studente die geleentheid bied om met ʼn rentevrye studielening te studeer.
Nadat die kursus voltooi is, moet die rentevrye studielening terugbetaal word oor dieselfde aantal jare as wat die studie geduur het.
Solidariteit Helpende Hand is ʼn geregistreerde openbare weldaadorganisasie (OWO), wat beteken dat ʼn donasie aan die Studietrust belastingvoordele inhou vir die donateur. ʼn Donasie aan die Studietrust kan u belasbare inkomste met tot 10% verminder.
Benewens die belastingvoordeel wat u ontvang, verrig u ook ʼn weldaad deur ʼn behoeftige Afrikaanse student se studiedroom te verwesenlik.
Donasies wat aan die Helpende Hand Studietrust gemaak word, is van belasbare inkomste aftrekbaar.
ONTMOET ONS SPAN

“Sewe generasies van hoop gegrond in studie verskaf die raamwerk en platform waarbinne verdienstelike, behoeftige studente ʼn fondasie gegee word vir studie en die hoop op ʼn volhoubare toekoms. Volhoubaarheid is die rede vir ons bestaan, gerugsteun deur prosesse, strukture en die bou van verhoudings met alle rolspelers – van donateurs en studente tot gemeenskappe en instansies.”
Operasionele hoof : Lizelle van der Klashorst
Administrasie

YOLANDI THERON

MARI-LIZE HUSSELMANN

TWANETTE BRONKHORST

ANSONELLE LOTTERING

TANJA KITCHING

MAROCHELLE WENTZEL
Fondsbestuur


ZANDER BOTHA

WILLEM BLACKIE

KARLYNKA STAFFORD

Finansies en Debiteure


RIAAN BRÄSLER

CHRYSTELLE MEYER

JORIKA COETZEE

MARIZANNE BRUYNS
