Row midpoint Shape Decorative svg added to bottom

SAAM MAAK ONS 'N VERSKIL

Solidariteit Helpende Hand is ʼn geregistreerde openbare weldaadorganisasie (OWO), wat beteken dat ʼn donasie aan die Studietrust belastingvoordele inhou vir die donateur. ʼn Donasie aan die Studietrust kan u belasbare inkomste met tot 10% verminder. Benewens die belastingvoordeel wat u ontvang, verrig u ook ʼn weldaad deur ʼn behoeftige Afrikaanse student se studiedroom te verwesenlik.

Donasies wat aan die Helpende Hand Studietrust gemaak word, is van belasbare inkomste aftrekbaar. Ons is dus gemagtig om ʼn Artikel 18A-belastingsertifikaat uit te reik. Stuur u bewys van betaling na [email protected] vir die uitreik van u belastingsertifikaat.

Bankbesonderhede

Die Helpende Hand Studie Trust (IT 3970/2001 (T)) is ‘n geregistreerde Openbare Weldaadsorganisasie (OWO) met Reg No. 93000 6586.

Ons bankbesonderhede as volg:
Die Helpende Hand Studie Trust
Bank: FNB
Rek No: 62331447541
Takkode: 261550
Verwysing: Besigheidsnaam/naam&van
Swift Kode: FIRNZAJJ

sfs-1-e1658830901284
Scroll to Top