Gerty Brits

Ter nagedagtenis van Gerty Brits

(1934 – 1988)

Gerty Brits 3

Gerty Brits (1934-1988) was getroud met Andries Keyser (1931-2013). Saam het hulle besluit om seker te maak hulle kinders is gereed vir wat wag – niemand ken of beheer die toekoms nie, maar ons kan beplan. Deur moeilike dae van finansiële swaarkry met net 'n klein spoorwegsalarissie het Gerty by haar kinders gestaan en hulle aangemoedig. Seuns wat drooggemaak en gedruip het, moes teruggaan. Hou aan. Moenie opgee nie. Kry jou graad! Geld was min maar daar was elke oggend toebroodjies en 'n 20-sentstuk bo-op die broodjies. Geld vir petrol was daar nie en Gerty moes die seuns na die stasie toe aanry of hulle aflaai op die punt waar hulle oor die spoorlyn kon loop om duim te gooi universiteit toe in Ontdekkersweg. Dit was lang, moeilike jare van vasbyt. Maak nie saak hoe laat hulle by die huis gekom het nie, in die oond was 'n bord warm kos onder 'n kastroldeksel.

Drie van Gerty se vier kinders het nagraadse kwalifikasies behaal en een het 'n onderwyseres geword – kinders wat sterk en onafhanklik leef en help om die samelewing te dra. Alles te danke aan ouers, en veral aan 'n vrou, wat nooit opgegee het nie en wat altyd geglo het dis die moeite werd om 'n universiteitskwalifikasie te behaal. Hoe het die jare nie haar insig bevestig en beloon nie!

Ons is hier om jou te help om te studeer, om jou te help om voor te berei vir 'n onseker toekoms. As die dae moeilik raak en die geld min, as daar dae is wat die stryd te groot lyk, laat Gerty se woorde jou dan aanmoedig: Gaan terug. Hou aan. Moenie opgee nie. Kry jou graad!

Maniere om betrokke te raak

Stig u eie studiefonds

Definieer u eie maatstawwe en vereistes waaraan studente moet voldoen. Die Studietrust administreer die studiefonds en doen verslag van die studente se vordering.

Testamentêre bemakings

Testamentêre bemakings aan geregistreerde weldaadorganisasies (OWO’s) soos die Helpend Hand Studietrust is ingevolge artikel 4(h) van die Boedelbelastingwet aftrekbaar van belasting.

Eenmalige of maandelikse skenkings

Donasies aan die Studietrust is belastingaftrekbaar ingevolge artikel 18A van die Wet op Inkomstebelasting.

Scroll to Top