Donateurs
Helpende Hand Studietrust Visie vir die Toekoms
Die hart van die Helpende Hand Studietrust (HHS) word weerspieël in die kragtige simboliek van die Visie-stelling "Sewe generasies van hoop gegrond in studie”.
Die geskenk om te kan studeer en die gawes wat ontsluit word om elke verdienstelike student te bemagtig om sy en haar roeping hier op aarde ten volle uit te leef en sosiaal ekonomies ‘n merk te maak, lê vir my baie naby die hart op die pad van verskil maak wat ek en my span saam stap.
Daarom verskaf die HHS die raamwerk en platform waarbinne behoeftige verdienstelike studente 'n fondasie gegee word vir studie en die hoop op 'n volhoubare toekoms.
Volhoubaarheid is die rede vir ons bestaan, gerugsteun deur prosesse, strukture en verhoudingsbou met alle rolspelers, - van donateur, student, gemeenskap tot instansie.
Sonder die onbaatsugtige terugploeg van ons Donateurs wat belyn is met die HHS Visie en doelstellings sou dit nie vir ons moontlik wees om kosbare fondse te bestuur vir volhoubaarheid om sosiaal en ekonomies soveel verskil te maak nie. Julle werk met julle hande om ons hande sterk te maak!
Belastingvoordele
Het u geweet dat ʼn donasie aan ʼn geregistreerde openbare weldaadorganisasie (OWO) soos die Helpend Hand Studietrust u belasbare inkomste met tot 10% kan verminder?
Benewens dié belastingvoordeel verrig u ook ʼn weldaad deur ʼn behoeftige student se studiedrome te verwesenlik. Donasies wat aan die Helpend Hand Studietrust gemaak word, is van belasbare inkomste aftrekbaar. Maak gebruik van ʼn Artikel 18A-belastingsertifikaat as bewys van u skenking.

Maniere om betrokke te raak
Stig u eie studiefonds
Definieer u eie maatstawwe en vereistes waaraan studente moet voldoen. Die Studietrust administreer die studiefonds en doen verslag van die studente se vordering.
Testamentêre bemakings
Testamentêre bemakings aan geregistreerde weldaadorganisasies (OWO’s) soos die Helpend Hand Studietrust is ingevolge artikel 4(h) van die Boedelbelastingwet aftrekbaar van belasting.
Eenmalige of maandelikse skenkings
Donasies aan die Studietrust is belastingaftrekbaar ingevolge artikel 18A van die Wet op Inkomstebelasting.

Die bemaking van ʼn erflating of bates in ʼn boedel aan ʼn organisasie sonder winsoogmerk of ʼn welsynsorganisasie wat aan die voorskrifte van die Inkomstebelastingwet voldoen, is volgens artikel 4(h) van die Boedelbelastingwet aftrekbaar van die netto waarde van ʼn boedel voordat die boedelbelasting bepaal word.
Helpende Hand is ʼn gemeenskapsorganisasie wat homself daarvoor beywer om Afrikaner-armoede die hoof te bied. Ons projekte bied landwyd hoop aan duisende van ons mense. U skenking sal ʼn groot verskil in die lewe van talle behoeftiges maak.
Kontak ons vir raad oor hoe om u boedel te struktureer en tot ons visie by te dra!

Maak ʼn afspraak met een van ons fondsbestuurders
Algemene kontaknommer: 012 111 8360