STUDIETRUST: Rentevrye Studielening

AANSOEK TYDPERK:
01 Julie tot 30 September

Indien jy by 'n geakkrediteerde tersiêre instelling in Suid-Afrika ingeskryf is, hetsy deeltyds of voltyds, kan jy aansoek doen vir 'n gedeeltelike, rentevrye studielening wat hoofsaaklik vir klasgelde aangewend word.

Aansoeke is jaarliks van 1 Julie tot 30 September oop vir studente wat vir die daaropvolgende akademiese jaar finansiële ondersteuning benodig.

Die student moet die aansoek self elektronies voltooi en indien. Raadpleeg die onderstaande afdeling: Hoe om aansoek te doen.

Vir inligting oor die dokumente wat tydens die aansoekproses benodig word, raadpleeg die onderstaande afdeling: Dokumentasie wat jy tydens die aansoekproses benodig.

Die Studietrust werk streng volgens sluitingsdatums vir aansoeke. Geen aansoeke wat buite die vasgestelde jaarlikse aansoektydperk ontvang word, sal oorweeg word nie.

HOE OM AANSOEK TE DOEN

youtube-video-thumbnail

LET WEL:

  • Hierdie datums is nie van toepassing op studente wat 'n kortkursus wil volg nie.
  • Studente wat by Akademia, Bo-Karoo Opleiding of Sol-Tech wil studeer, volg 'n ander aansoekproses.

Kontak gerus [email protected] vir meer inligting.

Lees asseblief die onderstaande inligtingstukke noukeurig deur.

 

INLIGTINGSTUKKE

AKADEMIA

BO-KAROO OPLEIDING

SOL-TECH

HELPENDE HAND OPLEIDINGSINSTITUUT

ANDER TERSIÊRE INSTELLINGS

INLIGTINGSTUKKE

AKADEMIA STUDENTE

BO-KAROO OPLEIDING STUDENTE

SOL-TECH STUDENTE

ANDER TERSIÊRE INSTELLINGS

DOKUMENTASIE WAT JY TYDENS die AANSOEKPROSES BENODIG

Om vir ʼn studielening in aanmerking te kom, moet jy teen die sluitingsdatum ʼn volledige aanlyn aansoek indien. Indien een of meer dokumente ten tye van die sluitingsdatum nie beskikbaar is nie, moet jy ʼn verklaring in dié verband in die plek van die dokument laai. Dit is jou verantwoordelikheid om so spoedig moontlik ná die sluitingsdatum die korrekte dokument op die aanlyn aansoek by te voeg. Die Studietrust aanvaar geen verantwoordelikheid daarvoor om seker te maak dat ʼn aansoeker se aansoek volledig is wanneer die aansoeke aan studiefondskomitees voorgelê word nie.

Voorbeelde van dokumente wat die aansoek moet vergesel, is die volgende:

Bewys van inkomste van die persoon of persone wat finansieel vir die aansoeker verantwoordelik is

Die aansoeker se jongste puntestaat of matriek- of graad 11-sertifikaat

Bewys van die hoogste kwalifikasie(s) wat verwerf is (indien van toepassing)

Identiteitsdokumente van die aansoeker en alle lede van die aansoeker se huishouding (indien van toepassing)

Bewys van registrasie by 'n tersiêre instelling

Alle ander toepaslike dokumente, afhangend van die aansoeker se persoonlike omstandighede, byvoorbeeld 'n beëdigde verklaring in die geval van werkloosheid of 'n getuigskrif van 'n maatskaplike werker indien die aansoeker in 'n kinderhuis woon

Klik hier om aansoek te doen vir 'n gedeeltelike, rentevrye studielening.

KONTAKBESONDERHEDE

Tel.: 012 111 8360 (opsie 1 op die keuselys)

E-pos: [email protected]

Klik hier om aansoek te doen vir 'n gedeeltelike, rentevrye studielening.

KONTAKBESONDERHEDE

Tel.: 012 111 8360

(opsie 1 op die keuselys)

E-pos: [email protected]

SLUIT AAN AS ‘N HELPENDE HAND LID

Help ons om jou gemeenskap te ontwikkel en versterk en verdien 'n addisionele kriteriapunt op jou aansoek.

Scroll to Top