STUDIETRUST: Rentevrye Studielening

AANSOEK TYDPERK:
01 Julie tot 30 September

Indien jy by ʼn geakkrediteerde tersiêre instelling in Suid-Afrika ingeskryf is, hetsy, Deeltyds of Voltyds , kan jy aansoek doen vir ‘n gedeeltelike, rentevrye studielening wat hoofsaaklik vir klasgelde aangewend word.

Aansoeke is jaarliks tussen 1 Julie en 30 September oop om aansoek te doen om vir die daaropvolgende jaar se studiekoste.

Die aansoeke word elektronies deur die student self voltooi  en ingedien – Sien onderstaande opskrif:  Hoe om aansoek te doen.

Wat het ek nodig om aansoek te doen? – Sien onderstaande opskrif: Dokumentasie wat jy tydens die aansoekproses benodig.

Die Studietrust werk volgens baie streng spêrdatums vir aansoeke en sal GEEN aansoeke buite die vasgestelde jaarlikse aansoektydperk aanvaar word nie.

LET WEL:

* Hierdie datums geld nie vir studente wat by Sol-Tech wil studeer en of  ʼn kortkursus wil volg nie.
* Studente wat by Akademia, Bo-Karoo Opleiding en  Sol-Tech wil studeer volg ‘n ander proses.
Kontak gerus [email protected] vir meer inligting.
Lees asb. onderstaande Inlightingstukke noukeurig deur.

INLIGTINGSTUKKE

AKADEMIA STUDENTE

BO-KAROO OPLEIDING STUDENTE

SOL-TECH STUDENTE

ANDER TERSIÊRE INSTELLINGS

INLIGTINGSTUKKE

AKADEMIA STUDENTE

BO-KAROO OPLEIDING STUDENTE

SOL-TECH STUDENTE

ANDER TERSIÊRE INSTELLINGS

DOKUMENTASIE WAT JY TYDENS die AANSOEKPROSES BENODIG

Om vir ʼn studielening in aanmerking te kom, moet jy teen die sluitingsdatum ʼn volledige aanlyn aansoek indien. Indien een of meer dokumente ten tye van die sluitingsdatum nie beskikbaar is nie, moet jy ʼn verklaring in dié verband in die plek van die dokument laai. Dit is jou verantwoordelikheid om so spoedig moontlik ná die sluitingsdatum die korrekte dokument op die aanlyn aansoek by te voeg. Die Studietrust aanvaar geen verantwoordelikheid daarvoor om seker te maak dat ʼn aansoeker se aansoek volledig is wanneer die aansoeke aan studiefondskomitees voorgelê word nie.

Voorbeelde van dokumente wat die aansoek moet vergesel, is die volgende:

bewys van inkomstes van die persoon of alle persone wat finansieel vir die aansoeker sorg;

die aansoeker se nuutste puntestaat / Matriek of Graad 11 sertifikaat;

bewys van hoogste kwalifikasies verwerf (indien van toepassing);

identiteitsdokumente van die aansoeker, sowel as almal in die aansoeker se huisgesin (indien van toepassing);

bewys van registrasie by ʼn tersiêre instelling; en

enige ander dokumente, afhangend van die individu se omstandighede (bv. ʼn beëdigde verklaring in die geval van werkloosheid, ʼn getuigskrif van ʼn maatskaplike werker indien die aansoeker in ʼn kinderhuis woonagtig is, ens.).

Hoe om aansoek te doen

Lees die Inligtingstukke op toepassing van jou tersiêre instelling noukeurig deur.

Stap 1

Registreer en skep ʼn aanlyn profiel.

https://aansoek.studiefonds.co.za/registreer

Stap 2

Teken in op jou nuwe aanlyn profiel en vul ʼn aansoekvorm vir ʼn rentevrye studielening in.

Stap 3

Suksesvolle kandidate moet jaarliks tussen 1 Julie en 30 September heraansoek doen vir die volgende studiejaar.

Hoe om aansoek te doen

Lees die Inligtingstukke op toepassing van jou tersiêre instelling noukeurig deur.

Stap 1

Registreer en skep ʼn aanlyn profiel.

https://aansoek.studiefonds.co.za/registreer

Stap 2

Teken in op jou nuwe aanlyn profiel en vul ʼn aansoekvorm vir ʼn rentevrye studielening in.

Stap 3

Suksesvolle kandidate moet jaarliks tussen 1 Julie en 30 September heraansoek doen vir die volgende studiejaar.

KONTAKBESONDERHEDE

Tel.: 012 111 8360 (opsie 1 op die keuselys)

[email protected]

KONTAKBESONDERHEDE

Tel.: 012 111 8360

(opsie 1 op die keuselys)

[email protected]

SLUIT AAN AS ‘N HELPENDE HAND LID

Verdien een kriteria punt by jou aansoek en help ons ook jou Gemeenskap ontwikkel en bou!

Scroll to Top