Testamentêre Bemakings
Laat 'n blywende erfenis na en oorweeg die Helpende Hand Studietrust as 'n begunstigde in u testament.
Die bemaking van 'n erflating of bates in 'n boedel aan ʼn organisasie sonder winsoogmerk of welsynsorganisasie (wat aan die voorskrifte van Inkomstebelastingwet voldoen) is volgens artikel 4(h) van die Boedelbelastingwet aftrekbaar van die nettowaarde van 'n boedel voordat die boedelbelasting bepaal word.
Helpende Hand is 'n gemeenskapsorganisasie wat homself daartoe beywer om Afrikaner-armoede die hoof te bied en ons projekte bied landwyd hoop aan duisende van ons mense. U skenking sal 'n groot verskil in die lewe van talle behoeftiges maak.
Kontak ons vir raad oor hoe om u boedel te struktureer en tot ons visie by te dra!
Help 'n Afrikaanse student; maak jou erflating 'n blywende erfenis
Elkeen van ons het die vermoë om 'n verskil te maak op een of ander wyse. Een van die maniere waarop ons dit kan doen, is deur Helpende Hand Studietrust se erflatings of testamentêre bemakings.
Testamentêre Bemakings & Erflatings
"*" indicates required fields