TESTAMENTÊRE BEMAKINGS & ERFLATINGS

TESTAMENTÊRE BEMAKINGS & ERFLATINGS

Maak jou erflating 'n blywende erfenis

Cropped image of young man sitting in office coworking while using laptop computer and mobile phone.

Elkeen van ons het die vermoë om 'n verskil te maak op een of ander wyse. Een van die maniere waarop ons dit kan doen, is deur ons erflatings of testamentêre bemakings. Deur jou erflating so te gebruik om behoeftige Afrikaanse studente te ondersteun, kan jy 'n erfenis skep wat voortduur vir soveel verdere generasies. Solidariteit Helpende Hand se Studietrust maak hierdie proses moontlik, maklik en gee jou boonop die geleentheid om op boedelbelasting te bespaar.

Die Helpende Hand Studietrust is ‘n geregistreerde en publieke weldaadsorganisasie (OWO No. 93000 6586) wat ‘n belastingvoordeel vir u boedel kan inhou ingevolge artikel 4(h) van die Boedelbelastingwet. Dus kan jy met jou bemaking nie net ‘n student se lewe verander nie, maar ook op boedelbelasting spaar.

Oorweeg Solidariteit Helpende Hand as 'n begunstigde in u testament.

Die bemaking van 'n erflating of bates in 'n boedel aan ʼn nie-winsgewende organisasie of welsynsorganisasie (wat aan die voorskrifte van Inkomstebelasting-wet voldoen) is volgens Artikel 4h van die Boedelbelastingwet aftrekbaar van die nettowaarde van 'n boedel voordat die boedelbelasting bepaal word.

Helpende Hand is 'n gemeenskapsorganisasie wat homself daartoe beywer om Afrikaner-armoede die hoof te bied en ons projekte bied landwyd hoop aan duisende van ons mense. U skenking sal 'n groot verskil in die lewe van talle behoeftiges maak.

Kontak ons vir raad oor hoe om u boedel te struktureer en tot ons visie by te dra!

Testamentêre Bemakings

"*" indicates required fields

Inligting*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Scroll to Top