Row midpoint Shape Decorative svg added to bottom

Skenk-vir-’n-student

Dis meer as ’n lening – dis ’n toekoms!

Vandag se leiers belê in die volgende geslag

Elke student verdien die geleentheid om sy of haar potensiaal te verwesenlik. Tog staan finansiële struikelblokke dikwels tussen ’n verdienstelike student en ’n kwalifikasie.

Die Helpende Hand Studietrust help behoeftige en verdienstelike Afrikaanse studente om hul studies aan geakkrediteerde tersiêre instellings in Suid-Afrika te voltooi deur rentevrye studielenings beskikbaar te stel.

Met jou bydrae belê jy nie net in ’n student se opleiding nie, maar ook in die toekoms van ons gemeenskappe. Wanneer ’n student die lening terugbetaal, kan daardie geld weer gebruik word om ’n volgende student te help.

Studiekostes

Een jaar se studies: Ongeveer R65 000

Borg ’n student vir een jaar.

Help om ’n student se studiekoste vir een jaar te finansier.

Vier jaar se studies: Ongeveer R300 000

Belê in ’n student se studiereis.

Help ’n student om oor vier jaar ’n kwalifikasie te verwerf en ’n volhoubare toekoms te bou.

Jou bydrae, jou keuse

’n Eie bedrag

Elke bydrae maak ’n verskil en help om finansiële struikelblokke uit ’n student se pad te verwyder.

Jou skenking kan ook belastingvoordele inhou

Helpende Hand Studietrust is ingevolge Artikel 18A gemagtig om Artikel 18A-belastingsertifikate vir kwalifiserende skenkings uit te reik. ’n Kwalifiserende skenking kan, onderhewig aan die toepaslike vereistes en beperkings, vir ’n belastingaftrekking ingevolge Artikel 18A van die Inkomstebelastingwet in aanmerking kom.

’n Artikel 18A-belastingsertifikaat kan op versoek uitgereik word nadat die nodige inligting vanaf die skenker ontvang is.

Jou nalatenskap begin vandag

Saam maak ons dit moontlik vir meer Afrikaanse studente om te studeer, te kwalifiseer en ’n verskil in hul gemeenskappe te maak.

Dankie dat jy in ’n student se toekoms belê!

Bankbesonderhede

Die Helpende Hand Studietrust (IT 3970/2001 (T)) is ‘n geregistreerde Openbare Weldaadsorganisasie (OWO) met Reg No. 93000 6586.

Ons bankbesonderhede as volg:
Die Helpende Hand Studietrust
Bank: FNB
Rekeningnommer: 62331447541
Takkode: 261550
Verwysing: Besigheidsnaam/Naam & Van
SWIFT-kode: FIRNZAJJ

Scroll to Top