Projek40

Projek40Logo

HELP 'n STUDENT

Projek40Logo

PROJEK 40

'n Inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en Boere Droogtehulp SA NPC

Solidariteit Helpende Hand het tydens die Covid-19-inperking ontsettend baie hulp vanaf ons land se boere ontvang. Daar was boere wat tonne groente, vrugte, meel, vleis ensovoorts geskenk het om te sorg dat ons aan ons behoeftige gesinne landwyd kan voorsien. Die boere in ons land se harte en hande was oop, en hulle het saamgestaan om 'n pilaar van hoop in hul gemeenskap te wees. Vanuit die grond het hulle dit waarmee ons Hemelse Vader hulle geseën het, teruggegee. Waar daar in oorvloed was het hulle trokke vol van kom aflewer by Helpende Hand se Josef Silo's landwyd. Helpende Hand het meer as 70 Josef Silo's landwyd en ons boere het gesorg dat hierdie Silo's vol bly.

Ons besef egter dat daar steeds 'n dringende behoefte aan reën is. Plek-plek is die aarde met reën geseën, maar daar is steeds boere wat swaar trek onder die jare lange droogte wat heers oor Suid-Afrika. Dit is ons plig en ons roeping om ons medemens te help in tye van nood en daarom span Boere Droogtehulp SA NPC en Solidariteit Helpende Hand se netwerke saam! 'n Boer maak 'n plan. #OnsSalSelf sorg vir mekaar. Die droogte veroorsaak nie net dat ons boere se boerderye stilstaan of selfs agteruitloop nie, maar dit het ook vele ander implikasies.

Die een groot nood wat Helpende Hand wil aanspreek is die feit dat daar baie studente is wat nie kan gaan studeer as gevolg van droogtetoestande op hul familieplase nie. Daar is eenvoudig net nie fondse vir hierdie uitblinker kinders om te gaan studeer nie. Helpende Hand glo sterk daarin dat 'n jong man of vrou die geleentheid tot tersiêre opleiding gebied moet word en daarom staan die Studiefondssentrum van Helpende Hand in vir hierdie studente spesifiek. Hulle staan in vir die jong man en vrou wat wil, maar nie kan nie as gevolg van finansiële druk.

Boere Droogtehulp SA NPC en Solidariteit Helpende Hand poog om 'n nasionale rekord te breek en 40 trokke vol voer af te stuur Beaufort-Wes toe. 'n Groot fokus en doelstelling wat ons vir ons mense daarstel, is vir elke trok wat afgaan wil ons 'n student ook laat studeer. Dus, 40 trokke vol hoop en 40 studente met 'n hoopvolle toekoms!

Ons vra dus ons mense om by te dra en seker te maak dat ons die rekord breek en sodoende boere se lewens aanraak asook 40 studente se lewens radikaal verander.

Om 'n skenking te maak besoek gerus www.projek40.co.za, of om betrokke te raak om trokke af te stuur, kontak gerus vir René Roux by [email protected]

Wil u graag 'n donasie maak aan hierdie projek?

Oops! We could not locate your form.

Scroll to Top