GEMEENSKAPSNAVORSING
Solidariteit Helpende Hand se navorsing wat nasionaal van stapel gestuur is, is deur meer as 15 000 respondente voltooi. Hierdie navorsing het sonder enige twyfel benadruk dat alle Afrikaners ʼn vorm van maatskaplike krisis in die gesig staar.
Dié opname is die eerste tree na gemeenskapsontwikkeling, om uit te vind hoe om hierdie gemeenskappe betrokke te kry, vas te stel hoe hierdie gemeenskappe verenig kan word, asook watter programme en aktiwiteite holisties ontwikkel kan word.
Ons weet reeds hoe uiters belangrik dit is om op die regte plek, op die regte manier, die regte verskil te maak.
Hierdie gemeenskapsvraelys help ons geweldig baie om ʼn verskil te maak waar dit regtig saak maak. Om slegs kos uit te deel, verlig moontlik die onmiddellike, daaglikse nood, maar dit is nie vir die toekoms volhoubaar nie. Ons moet dus saamwerk en gemeenskapskrag ontsluit.
Só dien ons saam ons gemeenskap.
Klik op die lys hieronder om die navorsingsverslae af te laai.