Die JD Kestell Studiefonds
Die JD Kestell Studiefonds is ’n spesiale fonds binne Solidariteit Helpende Hand se Studietrust. Hierdie fonds is ’n noodfonds, wat op kritieke tye intree wanneer studente en hul families deur krisisse gaan. Of dit nou ’n ouer is wat hul werk verloor het, ’n skielike dood in die familie, of ’n student wat bloot net nie meer kop bo water kan hou nie.
Die fonds is vernoem na Ds. JD Kestell, ’n geliefde volksleier en geestelike vader wat diep geglo het in die krag van diens vir jou gemeenskap. Kestell het geglo: “’n Mens gaan nie alleen vorentoe nie – jy neem jou mense saam.” Hierdie beginsel leef vandag nog voort, elke donasie bou nie net aan ’n individu se toekoms nie, maar dra ’n hele gemeenskap saam vorentoe.
Dié studiefonds is ‘n samevatting van alles waarvoor Helpende Hand staan: saamwerk, helpmekaar, redmekaar. Dis ’n ware uitdrukking van ons volk se sorgsame gees – en van JD Kestell se nalatenskap van diens.
Maak ’n verskil.
Elke rand help ons om hoop te gee waar daar wanhoop was. Elke donasie is ’n belegging in ons mense. In hul toekoms en in ons volk se nalatenskap.
"*" indicates required fields
Hoe kan jy 'n bydrae maak?
Die Helpende Hand Studietrust
Bank: FNB
Rek No: 62331447541
Takkode: 261550
Verwysing: JD_Kestel
Swift Kode: FIRNZAJJ
Maak 'n verskil met jou donasie en ontvang 'n artikel 18A-belastingsertifikaat vir belastingvoordele.