Helpende Kerke

Logo_HKK-01
Logo_HKK-01

Wat behels Helpende Kerke?

In 2019, kort voor die bekendmaking van die Covid-19-inperkings, het Solidariteit Helpende Hand vir die eerste keer 'n Helpende Kerke-kongres gehou. Die rede was eenvoudig: Helpende Hand doen gemeenskapsontwikkeling, en die sterkste struktuur in 'n gemeenskap is die kerk. Waar kerke in gemeenskappe werk, groei en ontwikkel die gemeenskappe. Daarom is 'n nou verbintenis tussen Helpende Hand en kerkstrukture vanselfsprekend en logies. In daardie eerste kongres is baie sterk gefokus op die belangrike rol van netwerking, saamwerk, saam dink, saam beplan en die praktiese implikasies daarvan as kerk en gemeenskap kerk in gemeenskap word.

Na daardie eerste samekoms het ons as gevolg van Covid-19 vir twee jaar nie weer vergader nie, maar in 2022 kon hierdie belangrike saamwees voortgesit word. Tydens die tweede kongres het verskillende gemeentes en denominasies saam kom gesels en beplan oor wat vir gemeenskapsontwikkeling werk en wat nie.

Die derde Helpende Kerke-kongres in 2023 se program is dan ook so saamgestel dat vrywilligers, ondersteuners, kerke, gemeentes, diensgroepe en organisasies kan saam dink en saam beplan hoe ons ons gemeenskappe sterk en kragtig kan hou.

Helpende Kerke-kongres 2023

Hoe kan kerke betrokke raak by Helpende Hand se projekte?

Helpende Woord-episodes

Solidariteit Helpende Hand kan nie die diakonale diens wat kerke binne hul gemeenskappe moet lewer vervang nie.

Die Helpende Kerke Kongres skep die platform om kennis in terme van hulpbronne binne 'n gemeenskap te deel wat sal lei tot volhoubare gemeenskapsontwikkeling.

Jou gemeente kan betrokke raak!

Stuur gerus 'n e-pos na [email protected] vir meer inligting.

Een vraag word al duideliker en sterker gevra: Hoe beweeg die kerk van agenda tot praktyk? Daarom is dit die jaartema wanneer Solidariteit Helpende Hand tydens die Helpende Kerke-kongres saam met ander organisasies vanjaar bymekaarkom en saam besin oor "Agenda tot Praktyk".

Die rede is eenvoudig: Wanneer 'n mens saam die gemeenskap ontwikkel en versterk, ondersteun en begelei, maak dit sin om saam te dink en beplan en met mekaar te gesels. Kom luister hoe Helpende Hand 'n agenda in praktyk omsit.

Helpende Kerke-kongres 2023

Die kerk van Christus - Van agenda na praktyk

1 Junie 2023      Batter Boys, Montana, Ganteng

Bespreek nou jou kaartjie

Oops! We could not locate your form.

Indien jy per EFT wil betaal sien asb hieronder die bankbesonderhede:

FNB Rekeningnommer: 62 331 445 503

Tak: Centurion (takkode: 250 655)

Verwysing: vir Wes-Kaap: KerkeWK, naam en van

vir Gauteng: Kerke, naam en van

Stuur die bewyse van betaling aan [email protected]

Ikoon beskrywing-01

Jou gemeente kan betrokke raak!

Stuur gerus 'n e-pos na [email protected] vir meer inligting.

Hoe kan kerke betrokke raak by Helpende Hand se projekte?

[wonderplugin_pdf src="https://helpendehand.co.za/wp-content/uploads/2022/03/A5-Helpende-Kerke_Algemeen-2022_Finaal.pdf" width="100%" height="600px" style="border:0;"]

Helpende Woord-episodes

Ikoon beskrywing-02

Scroll to Top